Gereelde vrae en antwoorde

Vir wie is Idio bedoel?

Gesinne, tieners, veterane, vriende – almal 10 jaar en ouer behoort Idio tuis te geniet. Verder kan skole Idio effektief in taalklasse gebruik vir opvoedkundige doeleindes.

Hoeveel spelers is nodig om Idio te speel?

4 of meer mense is nodig.

Hoe lank vat dit om Idio te speel?

Dit wissel baie, maar neem gewoonlik so 60 tot 90 minute. As daar min tyd is, volg die snelroete en sny so omtrent die helfte van die speelbord uit.

Hoe lank gaan dit neem om my pakkie te kry?

Dit neem gewoonlik so 3-8 werksdae. Ons stuur jou pakkie so gou moontlik met die koeriers Fedex, wat dit in jou hand sal aflewer. Onthou om jou telefoonnommer by jou bestelling in te sluit – die koeriers het dit nodig!

Waarom is daar nie 'n cd in die tweede druk van Idio nie?

Met die herdruk van Idio het ons geluister na terugvoering van ons klante - klaarblyklik word die cd baie min gebruik, selfs vir groot klasgroepe. Om verkoopskostes so laag as moontlik te hou, het ons dus die cd uitgehaal.

Waarom is daar in die tweede druk 'n een-minuut tydsglasie eerder as 'n twee-minuut tydsglasie soos in die eerste druk?

Ons klante is baie slim! Een minuut blyk genoeg te wees om die antwoorde raak te vat. As jy voel die tyd is te kort, speel eenvoudig sonder die minuutglasie, of draai dit om as dit uitgeloop het as jy 'n ekstra minuut wil bysit.

Só sê die mense...

“Idio is’n heerlike bordspel. ‘n Mens geniet die opwinding en kompetisie. Verder leer jy idiome wat jy nooit weer sal vergeet nie, want die assosiasies bly jou by. Dis veral lekker om saam met jou gesin te speel.”

Esmé, leerder

“Dis heerlike pret! Terselfdertyd leer jy sonder dat jy daarvan bewus is. Dit dwing jou ook om kreatief te dink.”

Lourette, Afrikaans onderwyseres

“Idio is baie oorspronklik en groot pret om te speel.”

Leonie, tuisgebruiker van Idio

Vir.....Gesinne, tieners, veterane, vriende