Slaan die spyker op die kop!

Gee kleur aan jou taal met hierdie plesierige idiomespel! Van die wegspring tot die wenpaal neem die oranje-en-groen roete jou op 'n opwindende pad van lag en leer.

Of jy nou die idioom vir jou spanmaats moet mimiek (geluide toegelaat!), teken, die regte antwoord uit 3 opsies kies of die idioom moet voltooi, uit-die-maag-lag en ‘n verryking van jou taal is gewaarborg.

Idio is ideaal vir tuisgebruik vir gesinne en groepe vriende. Dit is ook nommerpas vir gebruik in skole: onderwysers kan ekstra oemf gee aan taalklasse deur leerders in spanne te laat kaartjies vra aan mekaar vir ‘n prettige grootklas-aktiwiteit.

Idio – kom slaan die spyker op die kop!

Kontak

Lindie Oppermann / Marlene Cloete

072 245 8672

Le Sueurstraat 13 
Stellenbosch
7600

Gee kleur aan jou taal...