Bookmark : http://www.idiogames.co.za
Skip to : [Content] [Navigation]

slaan die spyker op die kop

Idio is uitverkoop!

Ons is tans besig met 'n herdruk. Idio behoort teen einde Oktober weer beskikbaar te wees!

As jy belang sou stel om solank te bestel, kliek hier.

Gee kleur aan jou taal met hierdie plesierige idiomespel! Van die wegspring tot die wenpaal need die oranje-en-groen roete jou op 'n opwindende pad van lag en leer.

Of jy nou die idioom vir jou spanmaats moet mimiek (geluide toegelaat!), teken, die regte antwoord uit 3 opsies kies of die idioom moet voltooi, uit-die-maag-lag en ‘n verryking van jou taal is gewaarborg.

Idio is ideaal vir tuisgebruik vir gesinne en groepe vriende. Dit is ook nommerpas vir gebruik in skole: onderwysers kan ekstra oemf gee aan taalklasse deur leerders in spanne te laat kaartjies vra aan mekaar vir ‘n prettige grootklas-aktiwiteit.

Idio – kom slaan die spyker op die kop!

Top